RAMALA REEKS - PIONIER BOEKE
Die Ramala reeks speel af gedurende die 1840’s en handel oor boere se stryd om oorlewing naby Visrivier aan die Oosgrens van die land. Een van die boere se naam is Manie van der Walt en saam met hom bly ’n blonde reus met die naam van Alan D’Angely, ’n jong donker Fransman genaamd Louis Garde, ’n grysaard genaamd Abraham van Zyl, asook twee Zoeloes, wie sy vryheid hy gekoop het en hulle heet Karools en Klonker.
Die reeks verhaal begin waar die Mabesies stam 'n plaas se vee stroop en die eienaar en sy vrou vermoor. Hulle pragtige 15 jarige dogter, Madelien Mynhardt, oorleef die aanval en word toe aangeneem deur Manie en sy vriende. Manie gaan teen die reëls van die kommissie-generaal se bevel dat geen boerekommando die grens mag oorsteek om gesteelde vee van Madelien terug te kry nie. Hy is bewus van die Mabesies wat glo in Ramala, die god van Donder en vermom homself deur homself met roet te besmeer, ’n tiervel om sy lendene vas te maak, vel om sy skouers te hang, swart masker oor sy oë te sit en met ’n lang swart mantel, wat tot bykans op die grond strek, aan te trek. Manie tree toe op as hulle god van Oorlog en oortuig die Mabesies om die vee terug te besorg. Hy kry dit wel reg, maar word kort daarna gearresteer en gevonnis tot lewenslange ballingskap. In die proses konfiskeer die staat ook al sy besittings. Voor hy na Algoabaai vervoer kon word, vir uitsetting uit die land uit, red sy vriende hom en vlug hulle almal saam na ’n grot in die Winterberge, wat toe hulle nuwe tuiste word. Vandaar stel dit hulle in staat om die bewegings van die stamme dop te hou en ook enige ander gevare betyds raak te kan sien, om sodoende die grensboere vroegtydig te kan waarsku en beskerm.
Gerrie Radlof is hier hier op sy allerbeste en die voortvlugtiges van die gereg ervaar die een spanningsvolle oomblik na die ander. In die verhale poog Manie van der Walt ook om weer sy vryheid en grond terug te win vanaf die regering, om sodoende weer vir sy getroue vriende ’n ordentlike tuiste te kan teruggee, vir al hulle opofferinge saam met hom. Gerrie Radlof het geen bekendstelling nodig as ’n uitstekende skrywer nie en blink uit in die betrokke reeks van 32 verhale, waarvan net 13 weer in die tagtiger jare deur Sirkel Publikasies uitgegee is. Ongelukkig is die 13 boekies van die tagtigerjare heeltemal deurmekaar uitgegee en dit mag lesers wat die Sirkel boekies lees egter pla. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.
VOORBLAAIE VERSAMELING
32 Items
Die spore loop dood
Sterf teen die kranse
Twee moet sterf
Verraad in die nag
Die gevaarlike spoor
Die onheilige verbond
Die versteekte stad
Twee perde struikel
Vallei van verskrikking
Tot teen die berge
Die waansinnige offisier
Die vlugteling
Die lafaard
Angskrete in die nag
Onheilspellend in die nag
Die verkenners verdwyn
Op die verkenners se spoor
Onreg op die Oosgrens
Voëlvry
Net die pistool
Die gyselaars
Die opstandelinge
Die onwillige laksman
Die ivoordiewe
Die wraak van Ramala
Die laaste stormloop
Bondgenoot van die nag
Vertraagde vonnis
Die lokval
Die vreemde berg